Resep Potato Wedges
Resep Potato Wedges All Western Steak Pasta Friends
Potato wedges – Kreatiewe Kos Idees

5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART Rencia Odendaal Pretorius
WEEK 1 Maandag:
EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie) Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le. Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie. Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor. Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.Bedien met vars mengelslaai.
Dinsdag: KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG’S: 20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak) 2.5ml paprika 5ml gemengde speserye sout en gemaalde swartpeper Meng alles koekmeel eier 4/5 vark/lam/skaap tjops Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel. Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min . Net voor opdiening – grill net se offe om dit lekker crispy temaak.
Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.
Woensdag: Rencia Odendaal Pretorius
TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES
Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies
Donderdag; CHICKEN GORDON BLEU Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette Sit feta kaas bo-op Geur met sout en gemaalde peper Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies Sit in bakplaat Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker. Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges. ** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.
Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.
Rencia Odendaal Pretorius MAYO MASH:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk – dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.
Rencia Odendaal Pretorius POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: – kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi nou jou aartappels in ‘n chekkers sak so ‘n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat – ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so ‘n biejie bygegooi, dit gee ‘n lekker kaas smaak – dan maak jy ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af – Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.
Vrydag:
SKAAP TJOPS IN ROOISOUS Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op
Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.
ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond) Sit hoender of tjops onder in casserol Sny dik skywe uie bo-oor Maak sous van: 1/2 kop tamatiesous 1/2 kop chutney 1/4 kop wostersous 2 kop water 3 eetl suiker Bak in oond vir 1 uur by 180gr Verdik sous met nog meel indien nodig.
Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai
WEEK 2 Maandag: Rencia Odendaal Pretorius
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf -1 sny brood – 200ml melk – 750gr maalvleis – 2 eiers – 15 ml appelkooskonfyt – 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne – 4 teel kerrie – 5ml borrie – sout en peper – 30 ml chutney – Mikrogolf die olie en ui …vir 1 min – roer – mikro vir 3 min weer – Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai
Dinsdag;
TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur Klits so 2 eiers en sit in plat bak Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan. Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.
Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies
Woensdag: EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG: 1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok 1 en half kop noedels (gaar en gedreineer) 100 ml mayonaise 1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak 400ml witsous 50ml gekapte vars pietersielie 2 eiers geklits Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel. Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
OF
ALI SE ALFREDO PASTA Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer 1 groot ui (gekap) 250gr spek 1 pakkie mushrooms Braai bogenoemde tot sag Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor. Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm
Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie
Donderdag: OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG – whatsfordinner.co.za (SPAR)
125ml melk 175ml water 2 eiers 4ml sout 250ml meel 1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon 500gr bief sausageworsiess
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak
1) Meng die melk, water, eiers en sout 2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg 3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word 4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min) 5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed 6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg 7) Bak vir 35 min tot gaar. 8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Bedien saam met ‘n lekker slaai
Vrydag; Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL Rencia Odendaal PretoriusKook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.
WEEK 3 Maandag: Rencia Odendaal Pretorius
VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:
1 kg varkworsies 1 groot ui gekap 1 green pepper gekap 50ml tamatiesous 50ml wostersous 50ml chutney 410gr perske skywe Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies) Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 minBedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai
DINSDAG: LASAGNE 1 1/2 kg maalvleis 2 uie gekap 125 gram spek, gesnipper Braai bruin in 15 ml margarien of olie VOEG NOU BY: 10 ml Origanum 10 ml knoffelvlokkies 1 vol teelepel sout 1 Blik tamatiepuree 250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos. Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer. KAASSOUS: Maak kaassous van: 100 gram margarien 100 ml meel sout na smaak 850 ml melk Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by. Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste. Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.
Woensdag: HOENDERPASTEI 1kg hoender 250ml mayonnaise 250ml gaar rys 2 hardgekoote eiers 1 pakkie roomsampioensop 1 pakkie hoenderroomsop 1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.
Bedien saam met lekker vars slaai
Donderdag: Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors MOSTERDAARTAPPELS: 4 groot aartappels 4 repies spekvleis 1 ui (gekap) 1 knoffelhuisie (gekneus)2 agurkies (gekap)
MOSTERDSOUS: 1 eiergeel 125 ml mayonnaise 15 ml aangemaakte mosterd 30 ml gekapte pietersielie of vars kruie Berei die mosterd soos volg: Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.
Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer. Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom. Lewer 6 porsies.
Bedien met mengelslaai
Vrydag: Rencia Odendaal Pretorius
TUNA KOEKIES:
2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks – 6 spruit uie of 1 ui gekap – 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo…eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so ‘n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.
WEEK 4 Maandag: Rencia Odendaal Pretorius
SUURLEMOEN/UIE TJOPS”
5 dik vark of beestjops 5 dik uie skywe 5 dun suurlemoen skywe 75ml bruinsuiker 75 ml wostersous 10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het 5ml sout Lemoen of gemaalde swart peper Pak tjops onder in casserol. Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op Maak sousie en gooi bo-oor Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade tot gaar en sousie lekker taai is. OF: 4/6 varktjops Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper Maak sousie en gooi bo-oor: 50ml bruinsuiker 50ml tamatiesous 50ml water Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raakBedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai
Dinsdag; EENBAK HOENDERGEREG Gebruik casserole met deksel Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor Pak jou hoender stukke bo-op Sny dik skywe uie bo-op Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender. Bak vir 1 en half uur by 150 grade C Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin
Bedien saam met mengslaai
Woensdag: OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI: Lillyne Grunewald 1 ui, fyngekap olie 500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous 30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits 1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas 4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika
Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed. Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.
Bedien met slaai
Donderdag; Rencia Odendaal Pretorius
HAWAISE LAMTJOPS:
Marinade: 1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer 40ml sojasous 40ml appelasyn 2ml mosterdpoeier 12.5ml olyfolie Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant. Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops. Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai
Vrydag: Rencia Odendaal Pretorius
ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:
1 uie – gekap 1 green pepper – fyn gekap Braai bogenoemde tot sag Voeg by: 15/20ml matige kerrie 30ml appelkooskonfyt 35ml asyn 1 blik bully beef (fyn blokkies gesny) sout en swart gemaalde pepper Skep in gesmeerde bak Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruinBEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES
Gallery Resep Potato Wedges
Resep Potato Wedges Resep Masakan Ringan Kartoffel
Roasted Lemon Pepper Potatoes Recipe Allrecipes Com
Potato Wedges Panggang Oven Simple Resep Kentang Panggang
Resep Potato Wedges Oleh Aniie Dyah Ummu Alfatih
Resep Potato Wedges Panggang Oleh Gisry Septianty Cookpad
Easy Potato Wedges Recipe Baked Potato Wedges Recipe How To Make Potato Wedges Nehas Cookhouse
Resep Potato Wedges Oleh Dapurmikha Cookpad
Resep Dan Cara Membuat Kentang Potato Wedges Mudah Resep
Baked Garlic Parmesan Potato Wedges Creme De La Crumb
Resep Potato Wedges Goreng Oleh Adelia Sharfina Cookpad
Resep Potato Wedges Fried By Yunita Princess Masak Id
5 Variasi Resep Potato Wedges Yang Sehat Dan Praktis
Resep Potato Wedges Resep Rumahan Oleh Iyas Utomo Cookpad
Resep Potato Wedges Lada Hitam Gurih Pedas Menggugah Selera
Reseppotatowedges Hash Tags Deskgram
Resep Potato Wedges Fried By Yunita Princess Masak Id
Belum ada Komentar untuk "Resep Potato Wedges"
Posting Komentar